Kobus Petzer & Associates |
You've seen our work |
www.videos-sa.com |
www.videos-sa.com |
Vrae en antwoorde |
Wat word daarmee bedoel dat 'n video "selde as subjektief" ervaar word? Antwoord: Dit is vir die meeste mense moeilik om oor hul produkte of dienste te praat sonder om té subjektief of té spoggerig te klink. 'n Mate van geloofwaardigheid word daarom ingeboet. 'n Goed vervaardigde video oorbrug hierdie struikelblok en is daarom meer oortuigend. Dit berei kliënte beter voor sodat meer vrugbare gesprekke ná die vertoon van die video kan volg. Ek benodig 'n video wat die dienste wat ek lewer, aan sakelui verduidelik. Hoe lank behoort so 'n video te wees? Twintig minute? Antwoord: Sewe tot tien minute. Tyd is kosbaar vir sakelui. 'n Twintig minute video kan hulle ongeduldig en geïrriteerd maak. (Verál as iemand anders alreeds die diens verskaf.) Wees versigtig as 'n regisseur sê dat hy / sy nie jou kliënte in sewe tot tien minute kan beïndruk nie. Met 'n goeie draaiboek en intelligente redigering is dit moontlik om effektief te kommunikeer in sewe tot tien minute. Wat se toerusting gebruik julle tydens enkel-kamera opnames? Antwoord: Tydens enkel-kameraopnames gebruik ons 'n Betacam-kamera of 'n Sony PD150. Verskeie ligte, insluitend 2 "blondes", 2 "redheads" en 'n "sun gun" word saamgeneem. Ons neem gewoonlik 'n RE 50 mikrofoon, 'n 416 "Rifle" en 'n lapel mikrofoon saam. Ons neem ook ander toerusting saam as die draaiboek dit vereis. Ek wil gebruik maak van 'n PowerPoint aanbieding om veranderings in ons IT departement, wat landwyd gevolge kan hê, aan personeel te verduidelik. Is dit moontlik om 'n goedkoop video met dieselfde boodskap te vervaardig, sonder om mense te verveel? Antwoord: Ja. Ons is toegerus om u bestaande PowerPoint skyfies in 'n video te kombineer met stemkommentaar. Ons span beeld en klank saam in vir beter kommunikasie deur gebruik te maak van animasie-effekte. Meer nog; ons kan sleutelpersoneel (insluitend u-self) op kamera laat saampraat. Wat is "Finale Meng"? Antwoord: Dit is die na-produksie versorging van klankbane. 'n Goeie Afrikaanse term daarvoor is "klanknasorg". Hoekom is videomaatskappye huiwerig om kwotasies oor die telefoon te gee? Antwoord: 'n Gesoute vervaardiger wil altyd eers die skiet-area besoek sodat beeld en klank gevisualiseer kan word vir die produk. Dit help hulle om koste-faktore te bepaal. (Word 'n kameraspan vir een, twee of meer dae benodig? Is spesiale toerusting nodig? Hoe klink die omgewingsklank? ens.) Die meeste videomaatskappye sal 'n prysskatting telefonies gee maar die ware deurslag kom nadat die bepaalde skiet-area besoek is. Ek is 'n student. Wat is "Floodlights"? Antwoord: Dit is 'n term wat deur beligtingspesialiste gebruik word om ontskerpte of nie-direksionele ligte aan te dui. Dit word gebruik om skaduwees te beheer. Dit het 'n wye dowwerige straal wat groot areas verlig en sagte skaduwees veroorsaak. Dit is baie handig om harde skaduwees, wat deur ander ligte veroorsaak word, te versag. As die ligte op hul eie gebruik word, word 'n vlakkerige beeld sonder diepte geskep. (Geen z-as.) Vervaardig julle trou videos? Antwoord: Ja. Troues word geskiet met 'n Sony TRV 30 E kamera en word digitaal geredigeer. Ons benader trouvideos met dieselfde professionele toewyding as ons ander videoprodukte. Wat is die verskil tussen "linear" en "non-linear" redigering? Antwoord: Met "linear" word een of twee terugspeelmasjiene gebruik om jou reeds opgeneemde bande te speel terwyl 'n opnamemasjien terselfdertyd die geselekteerde materiaal vaslê op 'n meesterband. Met "non-linear" redigering (ook genoem digitale redigering) word die reeds opgeneemde materiaal oorgedra vanaf 'n terugspeelmasjien na 'n hardeskyf op 'n rekenaar. Die materiaal word dan op die rekenaar klaar geredigeer en daarna terug gespeel na 'n videomasjien op 'n nuwe meesterband. Ek is 'n stemkunstenaar en doen werk vir webtuistes (Flash ens.), opleidingsvideos, korporatiewe CD-ROM's en ander soortgelyke media. Kan ek 'n demonstrasie CD aan u stuur? Antwoord: Moet asb. nie enige demonstrasie-materiaal aan ons stuur nie. Ook: ons gebruik meesal Suid-Afrikaanse stemkunstenaars. |
Kobus Petzer & Associates Posbus 48835 Roosevelt Park 2129 |
Tree met ons in verbinding in Johannesburg: |
Jy het ons werk gesien |
© Qwaha Media Produksies bk |
Ons doen ook sake as Kobus Petzer & Associates |
Bel Kobus Petzer gerus op 082 8555 900 of stuur 'n boodskap per e-pos en hy sal jou vrae met graagte beantwoord. In 'n poging om geoutomatiseerde gemorspos-programme te flous versoek ons u om asb. die e-pos adres af te skryf en die "(by)" te vervang met "@". |
E-pos: kwagga (by) videos-sa.com Sel: 082 8555 900 Kantoor: 011 782 3937 |
Vrae en antwoorde |
Videos en advertensies |
Kliënte |
SEB / (BEE) |
BrightSide Redigering |
NUUT Speak Up - Talk Back |