Kwagga

Kobus Petzer & Associates

You've seen our work

www.videos-sa.com

www.videos-sa.com

ENGLISH

Afri-Ski *
Teks en regie van bemarkingsvideo met hul bekendstellingsaanbod.

BMG Africa
Advertensies en Infomercials vir Patricia Lewis, Jurie Els en Bles Bridges.

Clover SA *
Verskeie uitsaai-produksies tydens hul 100-jarige feesvieringe landwyd. Ook 'n Chinese video vir bemarking van Clover / Danone in China.

Company Call *
Advertensie en Korporatiewe Video met Amor Vittone as aanbieder.

De Beers Consolidated Mines Ltd.
Video oor see-mynbedrywighede vir 'n uitstallingskou in Londen.

Die ATKV
Verskeie verhoogproduksies.

Drakensberg Seunskoor.
Raadgewend.

FEDHASA
'n Video oor dr. Anton Rupert se lewenslange bydrae tot die gasvryheidsbedryf in Suid-Afrika.

Fraser Alexander Tailings
'n Transformasievideo wat die nuwe visie van Frazer Alexander Tailings aan ongeskoolde arbeiders verduidelik.

Fundi Advertising
Tree op as regisseur vir verskeie videoproduksies waarvan Fundi die vervaardiger was. (*)

Gauteng Regering
Advertensie oor padveiligheid.

Judy Weber's Winning Business Systems
Ontwerp van web-blad.

kykNET
Regisseur van Sakkie-Langarm, 'n musiekreeks wat regstreeks uitgesaai word. Die Vervaardiger is Ollie Viljoen Promos.

Laerskool Fontainebleau
Bekendstellingsvideo wat aan ouers gewys word.

Legal Aid Board *
TV-advertensie. Induksie video.

MFRC *
Vervaardig videos vir 'n tru-projeksie aanbieding oor die wenners van die Nasionale Mikrolenerskompetisie. Die videos oor African Bank, Credit Indemnity, FINCA en LENDCO was by 'n spesiale gala-aand vertoon.

Operation Sunrise Africa *
Draaiboekskrywer en regisseur van 'n besigheidsvideo wat geld ingesamel het vir O.S.A. in hul poging om 50 miljoen mense in 50 stede binne 50 dae in Afrika te bereik met die boodskap van verlossing deur Jesus Christus.

Premier Mines Cullinan
Skiet van die amptelike opening van die "Diamond Hub" op Cullinan.

Rand Water *
Komiese draaiboek om Rand Water se kliënte te help om vinniger aan te pas by veranderings. Verskeie kommunikasie videos.

Resolution Health *
Regisseer 'n TV-advertensie en 'n opleidingsvideo vir hul konsultante.

SABC 1
Verskeie produksies. O.a. Unqambothi, 'n programreeks oor koormusiek.

SABC 2
Verskeie produksies. O.a. Flinkdink, Teletreffers, Musiekforum, Crescendo, President Mandela's Birthday Bash en Carols by by Candlelight. (Kyk ook by SABC Special Projects hierbo.)


SABC Education Department
Vervaardig 'n TV-advertensie met die slagspreuk: "SABC Education--Throughout your life."

SABC Religion
Vervaardig verskeie HOSANNA programme. Een van die programme is bekroon met 'n ATKV toekenning.

SABC Special Projects
Tree raadgewend op in verskeie projekte. Vervaardig 'n video om die transformasieproses aan SABC personeel te verduidelik en om die visie: "The pulse of Africa's creative spirit" te verduidelik. Vervaardig ook 'n video wat die moontlike verkoop van die PAS 7 satelliet aan 'n parlementêre kommissie motiveer. Verskeie ander projekte insluitend President Thabo Mbeki se "African Renaissance" konsert en "Highway Africa".

SASOL *
Inligtingsvideo vir Sasol Synthetic Fuels: "Hard Questions--Straight answers" met Freek Robinson.

Smiley Kids *
Promosie-video.

Urban Dynamics *
Korporatiewe videos vir takke in onderskeie provinsies.

Ens.

Kliënte: (In alfabetiese volgorde)

Kobus Petzer & Associates

Posbus 48835

Roosevelt Park

2129

Tree met ons in verbinding in Johannesburg:

Jy het ons werk gesien

© Qwaha Media Produksies bk

Doen ook sake as Kobus Petzer & Associates

Bel Kobus Petzer gerus op 082 8555 900 of stuur 'n boodskap per e-pos en hy sal jou vrae met graagte beantwoord.

In 'n poging om geoutomatiseerde gemorspos-programme te flous versoek ons u om asb. die e-pos adres af te skryf en die "(by)" te vervang met "@".

E-pos: kwagga (by) videos-sa.com

Sel: 082 8555 900

Kantoor: 011 782 3937

Kliënte

Videos en advertensies

Vrae en antwoorde

SEB  (BEE)

BrightSide Redigering

NUUT Speak Up - Talk Back

Video Director
Video Director
Volgende bladsy

Volgende

Bladsy

Klein vissies kan ook sigbaar wees. Kontak ons!
Klein vissies kan ook sigbaar wees. Kontak ons!