Kwagga

Kobus Petzer & Associates

You've seen our work

www.videos-sa.com

www.videos-sa.com

Regisseur
Regisseur

ENGLISH

Ons bied kreatiewe oplossings om jou produk, diens of beeld met visuele impak te bemark.

Video opname voertuig
Video opname voertuig

Ervaring!

Ons vervaardig:

  • Televisie programme

  • TV & Radio advertensies

  • Korporatiewe videos

  • Bemarkingsvideos

  • Opleidingsvideos

  • Induksie videos en

  • Verhoogproduksies


Doeltreffende kommunikasie!

'n Video (DVD, VHS, Betacam, ens.) word selde as subjektief ervaar. Dit kan dus oortuigend namens jou en jou onderneming, jou produkte en jou span kommunikeer.


Met ons produkte stoot jou maatskappy, jou produkte en jou dienste bors uit. Dit sal die verbeelding van jou kykers prikkel en hul aandag toespits op die presiese plek waar jy die fokus wil hê.




Beter pryse!

Ons ervaring in 'n wye verskeidenheid dissiplines strek tot voordeel van ons kliënte. Oordeel self: Ons maak TV- en radio-advertensies, korporatiewe en opleidingsvideos asook TV-programme. Opnames van spesiale geleenthede word gedoen met 'n enkel-kameraspan of 'n multi-kamera uitsaaieenheid. Ons ken al die slaggate in die bedryf.

Dit is net logies: Met ons ervaring is jy verseker van deeglik versorgde produkte teen baie beter pryse.


Gehalte!

Ons boet nie gehalte in nie. Ons filosofie is eenvoudig: as die kliënt wen, wen ons ook. Hierdie filosofie van wen-wen lei ons tot die verskaffing van gehaltediens en uitnemende produkte aan ons kliënte.

Ons vergeet ook nooit dat dit ons taak is om ons kliënte te help om hul doelwitte te bereik nie. Ons bereik dit met goeie raad en eersterangse produksies.


Hoekom is ons produkte so doeltreffend?

Ons pak groot en klein projekte met dieselfde ywer aan. Ons werk elke dag hard om woord en beeld te laat saampraat. Ons maak ook seker dat die boodskappe in ons produkte op 'n bepaalde gehoor toegespits is -- joune!

Videos en Advertensies

Mense met wie ons in 'n verskeidenheid produksiestyle saamgewerk het:

Dr. Nelson Mandela, Pres. Thabo Mbeki, Lucky Dube, Rina Hugo, Leon Schuster, Thulasizwe Nkabinde, Amor Vittone, Rodney Seale, Jan de Wet, Mike and the Mechanics en baie ander.

Ons diens is omvattend:

Kommunikasie-advies.

Die skryf van tekste en draaiboeke vir videos, advertensies en TV-programme.

Opnames met 'n enkel-kamera span.

Opnames met 'n multi-kamera uitsaai-eenheid.

Redigering.

Klanknasorg.

Promosies en reispromosies (Sg. road-shows).

Kommunikasie-opvoerings, ens.


Toekenning:ATKVeertjie

Hosanna!, 'n godsdiensprogram op SABC 2, het 'n ATKV toekenning ontvang vir die beste aktualiteitsprogram van 2001. Die opdraggewer was Ed Worster van SABC Religion en die program was vervaardig deur Kobus Petzer. Die program het verslag gedoen oor Doxa Huis, 'n toevlugsoord vir hawelose en werklose mense in die middestad van Pretoria.

Bel Kobus Petzer gerus op 082 8555 900 of stuur 'n boodskap per e-pos en hy sal jou vrae met graagte beantwoord.

In 'n poging om geoutomatiseerde gemorspos-programme te flous versoek ons u om asb. die e-pos adres af te skryf en die "(by)" te vervang met "@".

Kobus Petzer & Associates

Posbus 48835

Roosevelt Park

2129

Tree met ons in verbinding in Johannesburg:

E-pos: kwagga (by) videos-sa.com

Sel: 082 8555 900

Kantoor: 011 782 3937

Vang my!

Volgende bladsy

Volgende

Bladsy

Videos en advertensies

Kliënte

Vrae en antwoorde

SEB  (BEE)

BrightSide Redigering

NUUT Speak Up - Talk Back

Klein vissies kan ook sigbaar wees. Kontak ons!
Klein vissies kan ook sigbaar wees. Kontak ons!

© Qwaha Media Produksies bk

Doen ook sake as Kobus Petzer & Associates

Flag of South Africa
Flag of South Africa